Vier Ou Dinge

Vier Ou Dinge
’n Beskadigde fries van die huis van ’n ryk amptenaar in Suzhou.
’n Beskadigde fries van die huis van ’n ryk amptenaar in Suzhou.
Name (taalvariante)
Tradisionele Chinees   四舊
Vereenvoudigde Chinees   四旧
Pinyin sì jiù

Die Vier Ou Dinge (vereenvoudigde Chinees: 四旧, tradisionele Chinees: 四舊, sì jiù) was ou gebruike, kultuur, gewoontes en idees in die Volksrepubliek China. Een van die doelwitte van die land se Kulturele Rewolusie was om die Vier Ou Dinge te vernietig.[1] Die veldtog het op 19 Augustus 1966 in Beijing begin, kort ná die begin van die Kulturele Rewolusie.[2]

  1. Spence, Jonathan. The Search for Modern China. 2de uitg. New York: W.W. Norton & Co., 1999. p575
  2. Law, Kam-yee. [2003] (2003). The Chinese Cultural Revolution Reconsidered: beyond purge and Holocaust. ISBN 0-333-73835-7

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search